Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Bevrugting" deur ANTJIE KROG
"Bevrugting" deur ANTJIE KROG [boodskap #22676] Wo, 28 April 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
BEVRUGTING
Antjie Krog
(Mannin, 1975)

uit-asem en juigend
staan ons teen mekaar op
jy skiet my vol blomme
blitsende kalkblank asters uit
jou loep
jou blonde krulle skreeu
eskaders
en klief my vingers
my naels in die skanse van jou
staalsag rug
my tong patrolleer uit jou bors
soos hygende bloed
want jou keel ruik na aarde
o jou keel ruik na aarde
ons bars deur blokkades wilde
son en splytdun glas
uit-asem en juigend en magtig
tref ons mekaar
voluit en volkome
met die tromp-op klank van
kneusing en bloeisels
ek roep sirenes in jou murg-in
oop...
minder
die stuifmeel en kruit pols stadiger
en al hoe minder
heel bloei ons leeg in mekaar se
wonde

later vanuit jou innige oë bokant my
kartets 'n klein granaat in die tyd
van vrede
geluidloos en liefdevol
tussen my heupe.
Vorige onderwerp: "Tristia en haar Voyou" deur NP van Wyk Louw (met stuk biografie)
Volgende onderwerp: Dankie vir die gedigte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 03:30:47 MGT 2024